Amore Bekker is Borg ’n Woord se nuwe beskermvrou
Amore Bekker is Borg ’n Woord se nuwe beskermvrou en sy doen die volgende beroep op alle Afrikaanssprekendes: Verras my met jou Afrikaans en borg of koop ’n woord van jou keuse! So help jy ons om die taal in sy volheid in die WAT vas te vang. Gee gehoor aan haar oproep en [...]
Nuutskeppingskompetisie 2022
Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie sal vanjaar op Vrydag 7 Oktober in Monitor op RSG aangekondig word. U kan egter nou reeds u inskrywings stuur aan wat@sun.ac.za, met “Nuutskepping” in die onderwerpveld. Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat ’n nuwe verskynsel op ’n treffende manier beskryf of ’n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde. Dit [...]
Nuwe Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur vir die WAT
Dr. Phillip Louw is met ingang 1 Januarie 2023 aangestel as die nuwe Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hier onder volg ’n kort biografie van dr. Louw: Dr. Phillip Louw het ’n D.Litt. in Leksikografie (met ’n fokus op skoolwoordeboeke) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy het sy loopbaan [...]
Vakante betrekking: Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur
Die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), gesetel by die Universiteit Stellenbosch (US), is toonaangewend in die leksikografiese bedryf van Suid-Afrika. As toekomsgerigte organisasie is die Buro op soek na ’n Hoofredakteur wat strategiese bestuur en professionele begeleiding met leierskap kan verbind. Die pos behels die bestuur van drie oorhoofse funksies, naamlik [...]
Nuusmike2024-01-31T09:58:04+02:00