• Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

    Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal weerspieël die Afrikaanse taal in sy wydste omvang. Benewens Standaardafrikaans word ook streektaal, geselstaal en die ander variëteite van Afrikaans soos Namakwalands en Kaaps in die woordeboek opgeneem. Uiteindelik sal die meerderheid van die meer as een miljoen woorde van die Afrikaanse woordeskat in die WAT te boek [...]

  • Aanlyn WAT

    Met die Aanlyn WAT kan verskeie gevorderde soektogte in ’n breukdeel van ’n sekonde uitgevoer word. Toegang tot die Aanlyn WAT kan op enigeen van drie maniere verkry word: deur ’n rekenaar se webblaaier by www.woordeboek.co.za; deur ’n selfoon met internetkonnektiwiteit by http://sel.woordeboek.co.za; deur ’n rekenaar se webblaaier by http://sel.woordeboek.co.za, wat die selfoonweergawe op [...]

  • Basic Afrikaans

    Basic Afrikaans:  The Top 1000 Words and Phrases is in 2011 uitgegee deur Pharos Woordeboeke. Die idee agter hierdie woordelys is om nie-Afrikaanstalige studente op Afrikaanse kampusse te laat welkom voel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in 2009 deur die Vriende van Afrikaans genader om ’n lys van die duisend nuttigste woorde in [...]

  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

    Alhoewel die eerste uitgawe van die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) wat in 2003 verskyn het meer as 8 000 trefwoorde ingesluit het, was daar nog ’n groot hoeveelheid Afrikaanse woorde wat etimologiese beskrywing verdien het, maar wat nie in die eerste uitgawe opgeneem is nie. Om hierdie leemte aan te vul, is ’n gedeelte van [...]

  • Bestelvorm

    Sien Trollie Gebruik die kieslys hier onder om die gedrukte WAT te bestel. Gebruik die kiesblokkies om die bepaalde deel of dele te kies. Verskillende tipe boeke kan bestel word deur die tipe boek in die kieslys te verander. Nog produkte is onderaan die bladsy beskikbaar. Klik op PLAAS IN TROLLIE om die [...]