Basic Afrikaans:  The Top 1000 Words and Phrases is in 2011 uitgegee deur Pharos Woordeboeke.

Die idee agter hierdie woordelys is om nie-Afrikaanstalige studente op Afrikaanse kampusse te laat welkom voel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in 2009 deur die Vriende van Afrikaans genader om ’n lys van die duisend nuttigste woorde in Afrikaans op te stel wat ’n student nodig sou hê om mee oor die weg te kom op ’n oorwegend Afrikaanse kampus.

Elke Afrikaanse woord is van ’n Engelse vertaling voorsien en die gebruik van elke woord word met ’n volsin geïllustreer. Daarby is ’n bietjie toeristiese inligting gevoeg om buitelandse studente ook te bevoordeel. Die teksbokse wat deur die woordelys versprei is, is ’n poging om taal-kulturele inligting oor te dra.

Daar is ook ’n afdeling met frases vir verskillende kommunikasiesituasies, soos hoe om te groet in Afrikaans, die dae van die week, die maande van die jaar en dergelike inligting.

Vir die gerief van die gebruiker is daar ook ’n Engels-Afrikaans-indeks. Dit is ’n sagtebandboekie van 120 bladsye en is te koop teen R100.