Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal weerspieël die Afrikaanse taal in sy wydste omvang. Benewens Standaardafrikaans word ook streektaal, geselstaal en die ander variëteite van Afrikaans soos Namakwalands en Kaaps in die woordeboek opgeneem. Uiteindelik sal die meerderheid van die meer as een miljoen woorde van die Afrikaanse woordeskat in die WAT te boek gestel wees.

Die WAT word saamgestel uit ’n elektroniese databasis en ’n kaartjieversameling van miljoene taaloptekeninge uit gesproke en geskrewe Afrikaans wat voortdurend uitgebrei word.

Die eerste sestien dele wat alfabeties van A tot SZONDITOETS strek, is reeds gepubliseer:

Deel I: A–C (1950)
Deel II: D–F (1955)
Deel III: G (1957)
Deel IV: H–I (1961)
Deel V: J–KJ (1968)
Deel VI: KLA–KOL- (1976)
Deel VII: KOM–KOR- (1984)
Deel VIII: KOS–KYW- (1991)

Deel IX: L (1994)
Deel X: M (1996)
Deel XI: N–O (2000)
Deel XII: P–Q (2005)
Deel XIII: R (2009)
Deel XIV: S–SKOOI (2013)
Deel XV: SKOOL–SRI LANKAANS (2019)
Deel XVI: SRP–SZONDI (2021)

Die dele kan apart bestel word teen R350 per boek vir die eerste veertien dele met ’n standaardomslag en R650 per boek met ’n leeromslag. Deel XV kan aangekoop word teen onderskeidelik R450 (standaardomslag) en R800 (leeromslag), terwyl Deel XVI teen R550 (standaardomslag) en R900 (leeromslag) aangekoop kan word. Die hele standaardstel (Deel I tot XVI) kan teen R5 900 aangekoop word en die leerstel teen R10 800.

Eenvormige stofomslae kan vir standaardwoordeboeke teen R20 elk plus R30 posgeld bestel word. ’n Volledige stel stofomslae (Deel I tot XVI) kan teen R320 aangekoop word. Wanneer ’n volledige standaardstel aangekoop word, word die stofomslae gratis ingesluit.

  • Tipe boek
    Leersteldele
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 650 R
    • 800 R
    • 900 R
    • 10800 R
    Standaardsteldele
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 350 R
    • 450 R
    • 550 R
    • 5900 R
    Stofomslae
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 20 R
    • 320 R