Taaldinge: 10 Augustus 2025
Waar kom die uitdrukking, so mal soos ’n haas, vandaan? Wat is die verskil tussen klant en kliënt? Dié en ander luisteraarsvrae word deur Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-10-augustus-2025
Taaldinge: 8 Junie 2025
Wat is die herkoms van die woord kenterweer? En hoekom skryf ‘n mens in Engels White House, maar Withuis in Afrikaans? Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die WAT beantwoord hierdie en ander luisteraarsvrae saam met Ina Strydom. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-8-junie-2025
Taaldinge: 1 Junie 2025
Is dit reg om te praat van ronde gholf, of rondte gholf? Wat is die herkoms van die uitdrukking “iets is ‘n tameletjie”? Dié en ander taalnavrae word beantwoord wanneer Alet Cloete en Gerhard van Wyk van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal by Ina Strydom aansluit. https://omny.fm/shows/taaldinge/taaldinge-1-junie-2025
WAT wys sy kleure
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is in die proses om sy aanlyn woordeboek by www.woordeboek.co.za volledig te hersien om ’n gebruikersvriendelike ervaring aan ons gebruikers en navorsers te bring. Die nuwe ontwerp en funksionaliteite voldoen aan internasionale praktyk en sal die skatkis van Afrikaans op ’n visueel aantreklike wyse ontsluit. Die veranderinge sal in [...]
Nuus & Mediamike2025-07-23T15:21:22+02:00