• 28/04/2023

sommelier

(som-me-lier, uitspraak: som-me-lier / som-mel-jê) s.nw., sommeliers. (Fr.)

Opgeleide persoon, gew. werksaam i.d. gasvryheidsbedryf, met gevorderde en gespesialiseerde kennis van wyn en die bediening daarvan, ook saam met verskillende disse: Die sommelier is die opperste wynhoof van ’n hotel of restaurant, iemand wat geheel en al verantwoordelik is vir die wyne wat daar bedien word, die korrekte bediening daarvan en die insig en kennis waarmee wyn aan klante voorgesit word (Insig, Okt. 2003, 85). Sommeliers het gevorderde wynkennis, en deftige restaurante neem ’n sommelier in diens om klante te help wyn bestel saam met hul maaltyd (Tuis, Sept. 2009, 111).

Deel op Sosiale Media