• WAT se Woordpret is terug!

    Ná ’n afwesigheid van twee jaar weens Covid-19, kon die WAT op Vrydag 29 April 2022 uiteindelik weer ’n Woordpret aanbied. Dit was ’n besondere geleentheid waartydens die vermaaklikheidskunstenaar Jak de Priester, die 2002-wenner van die ATKV se Crescendo-sangkompetisie, gaste met van sy bekende treffers soos “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba”, vermaak het. Hy [...]

  • Wat is wat in WAT XVI

    Senior mederedakteur Alet Cloete en mederedakteur Gerda Odendaal het onlangs tydens ’n middaguurgesprek by Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands met prof. Rufus Gouws oor deel XVI van die WAT gesels: https://www.youtube.com/watch?v=zcQeQ8YyaV8

  • Dawie Roodt

    Dawie Roodt was die gasspreker by die WAT se Woordpret op 15 Oktober 2020. Hy gesels oor die verband tussen taal en die ekonomie, en gee ’n paar wenke vir die bestuur van jou persoonlike finansies. https://www.youtube.com/watch?v=7oDJvXn_z18

  • Marinda Engelbrecht van Maklik met Marinda

    Marinda Engelbrecht van Maklik met Marinda-faam het op 31 Augustus 2018 by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Woordpret opgetree. Dit was ’n prettige belewenis: Marinda is nie net ’n koskenner nie, maar ook ’n woordkunstenaar. Die kookdemonstrasie is voorafgegaan deur ’n prikkelende aanbieding oor Afrikaans deurspek met humor. Die resep vir die maklike [...]

  • Johan Badenhorst, Johan Bakkes en Ampie Kruger van Dors

    Johan Badenhorst van Voetspore-faam, Johan Bakkes, skrywer en bierdrinker, en Ampie Kruger bierbroumeester van Wild Clover-brouery buite Stellenbosch, was op 18 Mei 2018 die gaste by die WAT se Woordpret. Saam vorm hulle die span van Dors, die televisiereeks oor die maak van boetiek- of vakmansbier op VIA. Daar is bier geproe en gesels [...]