• 16/06/2023

kwietsja

(kwiet-sja) Ook koetsja, kwietsa, kwitsja, en soms ook kwitsa. (<Xhosa khwitsa) (gewestelik).

I ww., gekwietsja. [Aanhoudend] liggies reën: In dié wêreld ken ons nog die drie-agdaagse reën wanneer dit sommer so dae aaneen kwietsja (motreën) (J.A. de Coning in TVV, Jan. 1968, 31). Gister het dit so aanhoudend gekwitsja dat ons nie buite kon werk nie (opget. in die O.P.).

II s.nw., kwietsjas. [Aanhoudende] ligte reën: Hulle het sommer so vir weke aaneen kwitsja, motreent of wat dit ook al genoem word, gekry (opget. in Durban). Ook opget. in Elliot, Ugie, Maclear, Queenstown en in die Barkly-Oos-, Fort Beaufort-, Klipplaat-, Molteno-, Sterkstroom- en Zastronomgewing.

Deel op Sosiale Media