31 Maart 2024
Die senior mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, is saam met Ina Strydom in die ateljee om luisteraars se taalnavrae te beantwoord. Hulle bespreek onder meer die verskil tussen insette en insae, die herkoms van uitdrukkings soos “husse met lang ore” en “bossies het oë”, en die meervoud van keurspel.