• 12/08/2021

Nuutskeppingskompetisie 2021

Die WAT se jaarlikse Nuutskeppingskompetisie skop af op Vrydag 13 Augustus in Monitor op RSG. 
 
U kan egter nou reeds u inskrywings stuur aan wat@sun.ac.za. Die nuutskeppings moet verkieslik woorde wees wat ’n nuwe verskynsel op ’n treffende manier beskryf of ’n alternatief vir ontoereikende bestaande woorde.
 
Die nuutskeppings hoef nie te rym nie.
 
Vanaf Maandag 16 Augustus sal daar elke dag tussen 07:30 en 08:00 in Monitor aangekondig word vir watter drie inskrywings daar gestem kan word, ten einde die dagwenners en uiteindelike wenner te bepaal.  Die dagwenners kry elk ’n kontantprys van R500 en die groot prys is vier dae in ’n ATKV-oord van die wenner se keuse.
 
Stuur jou nuutskeppings NOU na wat@sun.ac.za! Inskrywings sluit op 18 Augustus en op Vrydag 19 Augustus word daar vir die groot wenner gestem.

Deel op Sosiale Media