• 21/02/2022

platgooi

ww., het platgegooi. (geselstaal)

Baie vinnig hardloop of weghardloop: Hardus het platgegooi na oom Koos toe, om hom te vra om ’n geneesheer te haal (N.A. Potgieter: Oorwinning, 1941, 180). Die twee blesse kon draf soos geen ander perd kon nie. Ek het dit geweet en daarom het ek sommer uit wans platgegooi so wat ek kan (Boerneef in P.G. du Plessis: Halfeeu, 1966, 74).
■ In ’n ou bron: Oom Jan di gooi nou sommer plat huis toe. Hy kom nog fêr fan die huis af an, toen skré hy al moord en brand (J.J.J. Taljard, Des. 1896, in A. Coetzee: Verhaalskat O.K., 1940, 81).

Deel op Sosiale Media