• 27/11/2020

aan die neus lei

idiomatiese uitdrukking

1 Bedrieg of mislei: Ewe skielik laat die praktiese Subelia haar aan die neus lei deur stories wat deur … waarsegsters saamgeflans is! (A.P. Roux: Stad, 1960, 19).

2 Manipuleer om volgens iem. of iets anders se begeertes, grille of wense op te tree of te handel: Moet jou nie deur die mode aan die neus laat lei nie (Beeld, 25 Sept. 1990, bylae, viii).

Deel op Sosiale Media