• 23/09/2022

aftjop

ww., het afgetjop. (geselstaal)

1 a Moeilike omstandighede verduur, erg benadeel word, sukkel of swaarkry: In die weermag, tydens ’n rugbyoefening aftjop.Nadat die eienaars van koerante dekades lank lekker pap geskep het toe dit gereën het, tjop koerante nou lekker af (Rapport, 11 Aug. 2013, E).
b Verloor, dikw. met ’n redelik groot verskil in punte, doele, lopies, of dergelike.
2 Doodgaan.
3 Druip.

Deel op Sosiale Media