• 17/10/2022

Amore Bekker is Borg ’n Woord se nuwe beskermvrou

Amore Bekker is Borg ’n Woord se nuwe beskermvrou en sy doen die volgende beroep op alle Afrikaanssprekendes:

Verras my met jou Afrikaans en borg of koop ’n woord van jou keuse! So help jy ons om die taal in sy volheid in die WAT vas te vang.

Gee gehoor aan haar oproep en ondersteun die WAT se Borg ’n Woord-projek: 80% van die WAT se fondse kom van donasies en die Borg ’n Woord-projek. So werk jy mee aan die weerspieëling van die Afrikaanse taal in sy wydste omvang in die WAT.

Deel op Sosiale Media