• 05/04/2024

Beskermpersoon Frazer Barry se Facebook-video’s oor onbekende woorde in die WAT

Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is vanjaar die beskermpersoon van die WAT se Borg ’n Woord-projek. Hy het onlangs ’n reeks video’s op Facebook geplaas ter bewusmaking van die projek en die werksaamhede van die WAT. In dié video’s gesels hy oor woorde uit die WAT vir hom heeltemal onbekend is, soos amegtig, dagbaaskuif, fabelliepie, laberlot, rampatsjaan of tanjolies. Ken jy hierdie woorde?

A — amegtig

B — badiaansaad

C — chiffreer

D — dagbaaskuif

E — eenhedewielpal

F — fabelliepie

G — galerybos

H — habbatyd

I — ideëel

J — jakkepoeker

K — kabelaring

L — labberlot

M — maaifoerie

N — nakriet; Nankings

O — obiter; oblietjie

P — pluiings

Q — quaestoraat

R — rampatsjaan

S — sabander

T — tanjolies

Deel op Sosiale Media