• 04/05/2023

Betaweergawe van T nou beskikbaar op Aanlyn WAT

Die WAT kondig met trots aan dat ’n betaweergawe van T met 8 396 nuwe lemmas nou aanlyn beskikbaar is op
www.woordeboek.co.za. Die formele bekendstelling van die finale weergawe sal in Oktober plaasvind, waartydens die Aanlyn WAT boonop in ’n nuwe baadjie bekend gestel sal word.  

Die vrystelling van ’n betaweergawe is daarop gemik om nou reeds terugvoer te ontvang sodat dit verwerk kan word in die finale produk. Het jy ’n tikfout raakgesien of dink jy daar kort ’n woord? Stuur jou terugvoer aan die WAT se tegniese span by diewoordeboek@gmail.com. Nog nie ingeteken nie? Borg jou gunstelingwoord vir R100 en ontvang ses maande toegang. 

Deel op Sosiale Media