• 10/12/2020

bleeksiel

s.nw., bleeksiele.

1 Iemand wat onopvallend, oninteressant en gemiddeld is en n onopwindende lewe het; sinonieme nerdsluiper (ongewoon): Paul se transformasie van bleeksiel tot blink popster sorg vir skreeusnaakse oomblikke (Beeld, 11 Okt. 2013, E). Volgens hom (die skerpskertser) was hy baie stil en skaam op skool en eerder die leier van die bleeksiele as die klasnar (Die Burger, 29 Jun. 2012, E).
2 Rekenaarkundige of iemand wat n ietwat oordrewe belangstelling en besondere vermoë op tegniese of wetenskaplike gebied het, maar wie se lewe andersins betreklik vaal en onopwindend voorkom; sinoniem nerd Ongelukkig is die algemene persepsie, veral onder ouers van skoolverlaters, dat dit meestal bleeksiele is wat inligtingstegnologie as beroepsrigting kies … Jy hoef nie n rekenaar-bleeksiel te wees nie (Die Burger, 30 Okt. 2011, E).

Deel op Sosiale Media