• 07/10/2022

bling

s.nw. (enigsins geselstaal) (Eng.)

Opvallende, dikwels blink, glansende of kleurvolle juweliersware, ander versierings of klere, of ’n stuk daarvan, wat gew. tot ’n spoggerige, vertonerige of windmakerige voorkoms aanleiding gee: Bling aanhê. Met bling behang wees.Kyk, ek lyk altyd soos ’n Kersboom. Ek hou van bling. Ek is baie lief vir my juwele (Volksblad, 23 Mrt. 2010, E). Juwele is terug, hetsy om jou nek of op jou rok. Maak seker jy vergeet nie jou bling nie (Die Burger, 11 Jun. 2007, Jip, E).

Deel op Sosiale Media