boelie
(‹Eng. bully)
I ww., het geboelie. Ander mense, gew. diegene wat swakker of in ’n ondergeskikte posisie is, afknou, intimideer, domineer of verneder: Kinders wat geboelie word, begin dit soms met ander doen en hou nooit weer op nie. Ons moet sélf opstaan teen boelies in ons alledaagse lewe (Rapport, 26 Jul. 2015, E).
II s.nw., boelies. Iem. wat boelie (BOELIE I): Die boelie op die skoolterrein bly maar ’n boelie in die latere lewe (Beeld, 24 Jun. 2015, 27).