• 03/09/2021

bokappel

bokappel ww. (streektaal) Spring-spring beweeg; spring: Die uitgelate ryperd bokappel die werf uit. Die seun bokappel die gang af.

afslaap ww. Deur slaap kwytraak: Jy moet al jou kwellings, sorge, bekommernis, kwaadheid, norsheid maar gaan afslaap. Die dronkaard wat sy roes afslaap.

jou stêre (alie, as, bas, dinges, gat, stêrre) lê en afslaap Baie lank of tot laat in die dag lê en slaap: Hier lê jy jou stêre en afslaap en kyk hoe lyk die tuin! (J. Vosloo: Stories, 2003, 92).

Deel op Sosiale Media