![Laurika_nuus](https://www.wat.co.za/wp-content/uploads/2018/12/Laurika_nuus.png)
Die WAT bedank Laurika Rauch
Laurika Rauch het uit haar pad gegaan om die WAT en Afrikaans te bemark tydens haar termyn as die Borg ’n Woord-projek se beskermvrou. Baie dankie!
As afsluiting van haar termyn het sy ’n kompetisie aangebied waar ’n ondersteuner R5 000-kontantprys plus een genommerde, getekende “Laurika Rauch 40 Jaar”-versamelstel kon wen. Die wenner was Lanie Koelman wat die woord duimpie geborg het. Laurika het ter ondersteuning van die projek vir haarself ook die woord luisterlied eksklusief gekoop.
![](https://www.wat.co.za/wp-content/uploads/2020/11/Laurika-dankie.png)