• 07/10/2021

doleansie & doleer

doleansie s.nw. Klag, klagskrif, beswaarskrif; veral die kerklike beweging van die dolerendes: Die Doleansie van 1886 (histories) (Nederlands), beweging deur die dolerendes onder leiding van o.a. drr. A. Kuyper en F.L. Rutgers as protes teen die leervryheid en kollegialisme in die Nederlandsche Hervormde Kerk, wat gelei het tot die stigting van die “Gereformeerde Kerken” in Nederland op grondslag van die Dordtse kerkorde.

doleer ww. (kerktaal) ’n Klag inbring; veral besware voel teen die onbeperkte vryheid in die Christelike leer deur modernes voorgestaan: Die dolerende kerke.

Deel op Sosiale Media