• 28/04/2022

dommel

dom-mel

    I ww. Half aan die slaap wees, sluimer, dut: Hy dommel saggies weg, vreemd gelukkig en warm (C.M. van den Heever). Die ou het sit en dommel met sy kop tussen sy hande (Ons Klyntji).                                                                     Ook fig.: Waar die tyd in winterslaap lê dommel (J.R.L. van Bruggen). Die boereland van dommelende vryheid, sonder bepaalde toekomsplanne (Jochem van Bruggen).

    II s.nw. Toestand van te dommel, in te sluimer; sluimering: Ek het in ’n soort van halwe dommel geraak.

Deel op Sosiale Media