• 02/02/2024

dwelmhond

s.nw., dwelmhonde.

Hond (HOND 1 a) wat opgelei is om dwelms uit te snuffel: Die tas was buitengewoon swaar en ’n dwelmhond het die kokaïen van sowat R12 miljoen uitgesnuffel (Beeld, 20 Mei2013, E). Dwelmhonde word in die eerste maand van hul opleiding eers geleer om te onderskei tussen die reuke van dwelms en nie-dwelms (Parys Gazette, 4 Aug. 2022, E).
Vgl. PLOFSTOFHOND, SNUFFELHOND.

Deel op Sosiale Media