flenter
Ook flinter.
I s.nw., flenters.
1 Losgeskeurde of afgebreekte stuk: Iets is in flenters.
2 a Klere wat baie stukkend is: Verwaarloosde kinders wat in flenters rondloop.
b Klere of besittings: Wag, ek moet my flenters inpak.
3 (gew. as vkw.) Stukkie, dun skyfie of repie: ‘n Flentertjie vleis, brood.
4 Geringe hoeveelheid of die minste: Hy gee nie ‘n flenter om nie.
II ww., het geflenter. Doelloos rondloop: Wat flenter julle hier so deur die dorp?