hubris
(hu-bris) s.nw. (<Grieks, “grootheidswaan, opstand teen ’n godheid” wat dikwels die ondergang was van ’n held in die Griekse mitologie)
Onverantwoordelike aanmatiging of geweld wat voortvloei uit drif of roekeloosheid; oorskryding van die grense tussen die menslike en die goddelike; opstandigheid teen goddelike gesag; onbeskaamde oortreding of skending van sedelike wette: Dit het reeds die ou Griekse treurspeldigters gevoel en aangrypend uitgebeeld in hul begrip van die hubris, die ligvaardige hoogmoed wat die magtigste tot ’n val bring (Die Burger).