• 20/09/2021

idiomatiese uitdrukkings met “taai”

’n taai tameletjie (toffie) ’n Problematiese aangeleentheid, saak of situasie: Vir hom was die biologie-vraestel ietwat van ’n nagmerrie en die wiskunde-vraestel was ’n taai tameletjie (Die Burger, 23 Des. 1992, E).
taai trek Moeilike omstandighede of situasies beleef: Dis al vier jaar dat die boere van Calvinia en Williston so taai trek met die droogte (Landbou.com, 3 Mei 2017, E).
taaibek wees (t.o.v. verbale kommunikasie) Ongeneë of onwillig wees: Die beskuldigde was taaibek om te getuig.

Deel op Sosiale Media