• 31/07/2020

iesegrimmig

b.nw.

Knorrig, nukkerig, nors; nie in ’n goeie luim nie:  Met die oë op ’n skrefie getrek en die mond op ’n iesegrimmige plooi. ≈ Hy kan egter nie die rede vir die skielike lawaai ontdek nie en iesegrimmig kyk hy waar die rusverstoorders is (H. en F. van Hörsten).  
Uit Nederlands iezegrimmig, afgelei van die s.nw. iezegrim. Iezegrim is saamgestel uit iser  “yster” en grime “masker”, met ander woorde “man met die ystermasker”. Dit was oorspronklik die naam van die wolf uit die diere-epos Reinaert.
so iesegrimmig soos ’n perdeby Baie knorrig of nors.

Deel op Sosiale Media