ipekonders
s.nw. (deur volksetimologie ontstaan uit hipochondrie, uit Grieks hypochondria met hypo wat “onder” beteken en chondria wat “borskraakbeen” beteken. Die Grieke het geglo dat die gedeelte onder die borsbeen die setel van talle siektes is.) Ook soms iepies.
Verbeelde siekte: Ipekonders hê. Hy is vandag weer vol ipekonders. ≈ Sy was ’n groot, sterk boertannie van wie ’n mens nooit in der ewigheid sou verwag het dat sy aan ipekonders kon ly nie (C.G.S. de Villiers).