• 07/10/2021

Johan Badenhorst, Johan Bakkes en Ampie Kruger van Dors

Johan Badenhorst van Voetspore-faam, Johan Bakkes, skrywer en bierdrinker, en Ampie Kruger bierbroumeester van Wild Clover-brouery buite Stellenbosch, was op 18 Mei 2018 die gaste by die WAT se Woordpret. Saam vorm hulle die span van Dors, die televisiereeks oor die maak van boetiek- of vakmansbier op VIA. Daar is bier geproe en gesels oor die verskil tussen pilsener, lager, ale, stout en porter. Dit het ook aan die lig gekom dat daar reeds 253 boetiekbierbrouerye in Suid-Afrika is. Hier gesels Ampie Kruger oor vakmansbier en waar die Afrikaanse term vandaan kom:

Deel op Sosiale Media