kapper, coiffeur, coiffure
kapper s.nw., kappers; kappertjie.
Haarkapper: Dis al weer tyd dat ek na die kapper toe moet gaan met my lang hare. ≈ ’n Seuntjie wat vir die eerste keer na die kapper toe gaan, hou nie van die elektriese knipper wat heen en te weer oor sy koppie moet kruip nie (N.P. van Wyk Louw).
coiffeur s.nw. (deftig) (Frans)
Haarkapper.
coiffure s.nw. (deftig) (Frans)
Haarkapsel.