• 21/03/2022

katelknaap & ligtekooi

katelknaap s.nw., katelknape. (skertsend)

Jong man met wie ’n ouer vrou ’n seksuele verhouding het: Kenners meen die tendens onder vroue om ’n katelknaap te vat, kan toegeskryf word aan die veranderende rol van die vrou in die samelewing (Die Burger, 16 Jul. 2004, 3).

ligtekooi s.nw., ligtekooie.

Seksueel losbandige vrou: Ek kan jou nie sien in die eksotiese “negligées” van satyn waarin meeste vroue vir my soos ’n ligtekooi lyk nie! (A. Huguenet in A.M. v. Schoor, e.a.: Huguenet, s.j., 161). Alphonsine Plessis is g’n naam vir ’n gedistingeerde ligtekooi met ’n woonstel, rytuig en juwele nie: sy word Marie Duplessis (Die Burger, 23 Mei 1982, bylae, 12).

Deel op Sosiale Media