• 23/12/2022

Kersfees

s.nw.

Fees ter herdenking van Christus se geboorte op 25 Desember.

Kers in Kersfees kom uit Nederlands Kerst wat weer kom uit Krist of Christ wat vroeër in Nederlands algemeen was vir Christus, ’n Latynse woord.  Die eerste lettergreep van die woord Kersfees vertoon ’n heel interessante vervorming van die naam Christus (J.J. Smith: Die Suiderstem, 24 Des. 1937). Liefhê en gee is die twee dinge wat van Kersfees waarlik Kersfees maak (S.P. Malan). Sedert die 17de eeu het die gebruik van ’n boom met liggies by Kersfees algemeen ingang … in Duitsland gevind (J.J. Müller).

Deel op Sosiale Media