• 17/12/2021

Kersgees

s.nw.

Gees van welwillendheid, liefde, vrede, vreugde, geïnspireer in die Kerstyd deur die godsdienstige betekenis vir die mens van die geboorte van Christus; in meer verwêreldlikte sin, gees van feestelikheid, vrolikheid wat met Kersfees heers; sinoniem Kersfeesgees: Die Kersgees behoort egter nie tot die kring om ons eie kaggel beperk te word nie (Die Vrou en Haar Huis). n Wyse man het eens gesê dat liefde die wese van die Kersgees is en die taal daarvan die taal van die hart is (Die Vrou en Haar Huis).

Deel op Sosiale Media