• 22/12/2023

Kerstyd

(Kers-tyd) s.nw.

Tyd van die Kersfees; tyd waarop dit Kersfees is, of, ruimer, tyd om en by Kersfees (Oukersdag, Eerste en Tweede Kersdag), waarin Kersdag val; ook soms, tyd van ’n paar dae van voor Kersdag af tot na Nuwejaar: Die hoofstraat … is uitgedos in ’n feesgewaad van liggies vir die Kerstyd (Die Burger). En nou is dit Desembermaand en Kerstyd (Yskornuus). Die gewoonte om met Kerstyd geskenke te gee, is so oud soos die Kersdag self (Die Vrou en Haar Huis).

Deel op Sosiale Media