• 25/08/2023

klinknaelbroek

s.nw.

Lang, gew. nousluitende broek van growwe materiaal, gew. blou denim, waarvan die hoeke van die sakke met klinknaels of drukknopies wat soos klinknaels lyk, versterk en versier is: Hy dra ’n gespikkelde serp om sy nek, ’n pikswart hemp en wurg van sy heupe af ondertoe in ’n vuilblou klinknaelbroek (P.H. Nortje: Son, 1967, 77). Klinknaelbroeke was in die mode in ons land nog voordat ruk-en-rol gekom het (Huisg., 19 Jun. 1959, 2). Met klinknaelbroekies en truie, met slenterdrag en verwilderde hare, het die skorries met hul morries die stede op horings geneem (W.E.G. Louw in Burg., 27 Jul. 1960, 10).

Deel op Sosiale Media