• 18/06/2020

koorspen

s.nw. 

Termometer om die temperatuur van die menslike liggaam te bepaal, met ’n klein bol van dun glas, ’n baie nou haarbuis voorsien van ’n vernouing net bokant die bol, en ’n kort steel met ’n beperkte skaalverdeling, gew. tussen 35 en 37 °C, met ’n lensvormige voorkant om die kwikkolom te vergroot en die lesing te vergemaklik; sin. kliniese termometerkoorsmeter, koorspypie, koorstermometer: Dit is maklik genoeg om die temperatuur te meet en ’n koorspen te lees (J. v. Elfen: Babasorg, 1967, 246). Sy steek die koorspennetjie onder sy tong (Mikro: Winkelvenster, 1967, 49).

Deel op Sosiale Media