• 26/11/2021

jou stert in ’n krul ruk

soms jou stert in ’n krul trek en selde jou stert in ’n krul pluk

Kwaad word of jou vererg: Honderde CD’s (is) in kategorieë geliasseer soos Konrad daarvan hou. Al die voorkante na links, die agterkante na regs … Hy kon behoorlik sy stert in ’n krul ruk as sy ’n CD verkeerdom bêre (E. Cawood in Rose, 22 Nov. 2013, E). Hy jaag weg sonder om eers totsiens te sê … Hy het sy stert nou lekker in ’n krul getrek! Nicola verstaan nie regtig waarom hy hom so gewip het nie (C. Jonker-Jordaan: Lyf, 2007, 57).

Deel op Sosiale Media