
kwaaibaadjie aantrek
idiomatiese uitdrukking.
Iemand streng aanspreek of berispe, of kwaai optree teen iemand: Vroutjie sal voortaan met reg kwaaibaadjie kan aantrek as manlief sommer so goedsmoeds sy klere oor die naaste stoel gooi (Vaderland, 2 Jul. 1975, 5). Jy sal sommer moet kwaaibaadjie aantrek, anders sal hy nie dokter toe gaan nie (opgeteken in Ladismith).