• 14/01/2022

kwaailappies

(uitspraak: kwailappies) (geselstaal)

    I b.nw. (slegs pred.) Wat goed of onverbeterlik is, of van wie of waarvan jy baie hou: Daardie meisie is kwaailappies! ≈ Alles met die stuk, geregisseer deur J.H., (is) sommer kwaailappies (Die Burger, 31 Jan. 2014, E).
    II tw. Uitroep waarmee ’n mens te kenne gee dat dit goed gaan of dat iets goed of onverbeterlik is, of dat jy baie van iem. of iets hou: “Hoezit, hoezit, ek sê?” vra die een. “Kwaailappies, man, kwaailappies!” antwoord die ander een (Beeld, 11 Mrt. 1993, 5). (Veral opgeteken i.d. Kaapse Skiereiland).

Deel op Sosiale Media