• 05/02/2021

kwiksoties

b.nw. (wsk. na die Engels quixotic) 

Naïef, onprakties idealisties, uit voeling met die werklikheid; ook, teenstrydig: ’n Kwiksotiese handelswyse. Kwiksoties optree. ≈ Ek dink dis een rede waarom ek jou so liefhet: omdat jy so kwiksoties was om jou gevoel vir my te verberg (E. Serfontein in Huisgenoot, 4 Des. 1925, 59). (Pieter-Dirk Uys se) Selle ou storie is vir vertoning met ’n ouderdomsbeperking vrygestel maar die ongepubliseerde teks verbied. Hoe so ’n kwiksotiese toestand kan ontstaan, is ’n geheimenis (W.E.G. Louw in Die Burger, 14 Jul. 1975, 10).
Vgl. DONQUICHOTIES.

Deel op Sosiale Media