• 03/05/2024

latjiebeen

(geselstaal) idiomatiese uitdrukking

jou latjiebeen (soms ook latjieboud) hou (dikw. t.o.v. ouer mans) By ‘n nooi aanlê of vryerig wees: Hy hou vir hom latjiebeen, d.i. hy bewys die meisie opmerksaamheid, is vryerig (D.F. Malherbe: Afr. Spreekwde., s.j., 251).

latjiebeen agter iemand wees (t.o.v. manspersone) Verlief op iem. wees: Ek was altyd latjiebeen agter Jane (Gordonia). (Ook opgeteken in Nieuwoudtville, Tulbagh en Bredasdorp).

Deel op Sosiale Media