• 01/04/2022

ligtekooi

s.nw., ligtekooie.

Seksueel losbandige vrou: Alphonsine Plessis is g’n naam vir ’n gedistingeerde ligtekooi met ’n woonstel, rytuig en juwele nie: sy word Marie Duplessis (Die Burger, 23 Mei 1982, bylae, 12).

Die herkoms van ligtekooi is nie soos dikwels verklaar word dat dit verwys na ’n vrou wat ligtelik saam met ’n man bed (kooi) toe gaan nie. In Nederlands beteken kooi ook “agterstewe”. ’n Ligtekooi is dus iemand wat haar agterstewe voortdurend oplig as sy loop en daarmee mans uitlok.

Deel op Sosiale Media