• 06/08/2021

loef afsteek

UITDRUKKING
    
A GESPESIALISEERD
die loef afsteek
’n Seilvaartuig van wind ontneem deur aan sy loefkant te kom: Wanneer een skip die ander aan die loefsy inhaal, neem dit die wind uit die seile of steek die ander die loef af (B. Kok in Kruim, 1964, 161).

B IDIOMATIES
iemand die loef afsteek 
Iemand oortref, troef of voorspring.

Deel op Sosiale Media