• 20/08/2021

lorrie

s.nw., lorries; lorrietjie. (n.d. Eng. lorry (1838))

Vragmotor: Lorries het van die dorp af gekom met vragte sement, verf, baksteen, kalk en so meer (J. Meintjes: Gister, 1963, 151). Ek het werk gekry by die munisipaliteit — ek dryf ’n lorrie (C. Barnard: Onrus, 1961, 127). Oom Jack sal sien, ek gaan eendag nog die lorrie bestuur (D.F. Malherbe: Kind, 1959, 131). Snags as die lorries die groente kom aflaai (A.P. Brink: Ambassadeur, 1963, 214). ’n Lorrietjie wat al taamlik oud en tam lyk (F.A. Venter: Kambro-kind, 1979, 222).
lor’riebestuurder s.nw., lor’riedrywer s.nw., lor’rievrag s.nw.

Deel op Sosiale Media