• 09/07/2021

mang

1mang (geselstaal)
I s.nw. (geen mv.) TRONK:  ’n Betroubare bron het aan Son bevestig dat rotte so groot soos katte in die mang rondhol en dat die plek skoongemaak word (Son, 15 Sept. 2015, 4).
II ww., het gemang. Tronkstraf uitdien: ’n Veroordeelde misdadiger wat vir ernstige geweldsmisdade gemang het, wil die jeug nou motiveer en inspireer (Son, 4 Nov. 2013, 7).

2mang ww., het gemang; byv. gemang. (geselstaalminder gebruiklik) Afknou, slaan, seermaak of kwaad aandoen: Hy kan ons nie meer mang nie.

Deel op Sosiale Media