• 05/04/2024

masekin

(ma-se-kin) s.nw., masekinnes of masekinners. (geselstaal) Ook, geselstaal, masekind, masse kin en masse kind. (sametrekking van ma se kind)

MAAT — Iem. teenoor wie ’n ander of andere toegeneentheid en waardering voel vanweë ’n besondere kameraadskaplikheid of bepaalde persoonlikheidseienskappe en wie se geselskap en welsyn hy of hulle opsoek en bevorder; ook, iem. met wie jy saam dinge doen of ervarings meemaak: Moenie jouself limit nie en gebruik dié tyd om jouself beter te leer ken. En wanneer ons aan die ander kant uitkom dan, dala jy wat jy moet, masekin! (Kuier, 25 Jun. 2020, 14). Aweh! Afrikaanse rap vannie Kaap tot straight in Potchefstroom … Al my masekinners, zeffers en tjommies welkom. Nou is die tyd vir party, party, party! (LitNet, 26 Jul. 2012, E).

Deel op Sosiale Media