• 20/01/2023

matriek maak & eksamenkoors

maak: matriek maak gespesialiseerde uitdrukking Matriek voltooi en die matriekeksamen slaag: Jy moet nou maar eers Matriek maak … As jy Matriek het, het jy meer verstand om te kies wat jy wil word (Dr. O’Kulis: Eselskakebeen4, 1931, 61). Sy ouers was bitter teleurgesteld dat hy dit nie sover gebring het om matriek te maak nie (A.M. Louw: Uur, 1956, 25).

eksamenkoors s.nw.

Koorsagtige, onrustige opgewondenheid by ’n eksamenkandidaat of in ’n skool of inrigting weens ’n op hande synde eksamen: Die hele dorp ly aan eksamenkoors.

Deel op Sosiale Media