• 18/08/2023

meisoentjie 

s.nw., meisoentjies. (verouderd)

MADELIEFIE — enigeen van verskeie soorte meerjarige laaggroeiende blomplante v.d. fam. Asteraceae, waarvan die blomhofies goed ontwikkelde straalblomme het wat gew. in ’n enkele krans of in verskeie kranse gerangskik is, veral die Engelse madeliefie en die Barbertonse madeliefie: Die prinses was so sagmoedig as die meisoentjies buite in die veld (S.C. Hattingh: Sprokiesvorsing, 1950, 33).

Deel op Sosiale Media