• 10/05/2024

moederhart

s.nw.

Hart van ’n moeder, gekenmerk deur liefde vir haar kinders: Die moederhart is seer, voel bly.Die moederhart roep ons dadelik ’n wêreld van sorgende, verskonende, allesverdraende en allesvergewende liefde voor die gees (in J.J. Knap: Are, 1949, 7 Febr.). Haar moederhart het haar altyd laat glo dat Francois tog eendag sou terugkom (A.Coetzee: Vader, 1940, 176). Nadat sy ma hom omhels en bevoel het, het die moederhart weer gejuig: “Dankie, Vader, dat U hom veilig teruggebring het” (P.J. Schoeman: Jetwa, 1966, 207).

Deel op Sosiale Media